Die bekende aktrise en deesdae ook skrywer en motiveringspreker, Susan Coetzer (tweede van regs), was verlede Donderdag die gasspreker by ’n Vroueoggend wat Famsa in die Griesselsaal op Oudtshoorn aangebied het. Hier by haar is van links Marizanne Botes van Lumen Rock, Monica MacGear, bestuurslid van Famsa, Katy Cupido van die Departement Gesondheid en Franzu Badenhorst, direkteur van Famsa Karoo. Foto Schalk le Roux
Deur Liesel le Roux
FAMSA Karoo, in samewerking met die Departement van Justisie, lewer sedert Julie ook hofondersteuningsdienste deur maatskaplike werkers en maatskaplike hulpwerkers.
Franzu Badenhorst, direkteur van Famsa Karoo, het verlede Donderdag by ’n Vroueoggend, bekend gemaak dat Famsa Karoo nou ook hofondersteuningsdienste aanbied.
Dit sluit goed aan by Famsa se ander dienste, naamlik beradingsdienste, gesins- en slagofferondersteuningsdienste en ouerskapprogramme.
Die hofondersteuningsdienste sluit in:
• Emosionele ondersteuning en eerste-vlak-berading.
• Hulp/ondersteuning met die voltooiing en verkryging van beskermingsbevele (of interdikte).
• Verwysing vir terapeutiese en gespesialiseerde ingrypings.
• Nasorgdiens aan kliënte wat interdikte bekom het.
• Voorsiening van sorgpakkies aan kliënte.
Famsa se kontaknommer is 044 272 7020.