Klassieke Klein-KarooKersfees terug op Celebratio

Corlea Botha.

Twee van die land se mees geliefde kunstenaars, Jannie Moolman en Corlea Botha, keer op Saterdag 13 Desember terug na Celebratio vir vanjaar se Klassieke Klein-Karoo Kersfees.

Met ’n program wat bestaan uit van die wêreld se grootste klassieke treffers en van die mooiste Kers-liedere, beloof dit om ’n baie spesiale aand onder die sterre van die Klein-Karoo te wees.
’n Klassieke orkes sal die sangers begelei.

Verskeie kos- en wynstalletjies sal reeds van 18:00 af oop wees, so kom gerus ’n bietjie vroeër en geniet die sonsondergang saam met familie en vriende.

Dit is vir seker die perfekte manier om die jaar op ’n gepaste wyse af te sluit.

Die pad na Celebratio in beide rig-tings (Oudtshoorn en Calitzdorp) is vroeër vanjaar geteer, wat dit selfs meer toeganklik maak as in die verlede.

Kaartjies vir Klassieke Klein Karoo Kersfees kos R280 per persoon en is op die webwerf www.celebratio.co.za beskikbaar.

Vir meer inligting of hulp met besprekings kontak Marita by 082 335 6059.