Die klagtes teen twee mans van Bridgton wat van roof met verswarende omstandighede en ook huisbraak aangekla is, is verlede week in die streekhof deur die staat teruggetrek omdat die klaers weereens nie vir die saak by die hof was nie.
Leon Schroeder (31) en Chatt Alexander (20) is daarvan aangekla dat hulle op 17 Maart 2022 in Zebraweg, Bridgton vir David Wagenaar aangerand en beroof het.
Schroeder wat in aanhouding was, is ook daarvan aangekla dat hy op 17 Desember 2021 in Di-sahof, Bridgton, by die woning van Ivan le Roux ingebreek en twee t-hemde, 2 frokkies en twee paar kouse gesteel het.
Streeklanddros Ntsoki Moni het verdere uitstel van die saak geweier en die klagtes teen Schroeder en Alexander is deur die staat teruggetrek. (Deur Garnett Wicomb)