Met die kwik wat die afgelope week tot onder 0 gedaal het, en lente wat steeds sowat ’n maand weg is volgens die tradisionele seisoene kalender, is al gegewe tans dat dit minstens vroeër lig word in die oggende.
Ons viervoetige vriende het dalk pelsbaadjies aan, maar met hierdie koue kry hulle ook maar koud en moet liefs warm en snoesig gehou word tydens koue Karoonagte.
Hier is ’n paar wenke:
Laat hulle saam met jou slaap. Daar is niks lekkerder as ’n warm lyfie om jou te help of jou voete warm te hou nie. Soms is dit nie moontlik om jou beste vriend in die bed te laat slaap nie, maar dan is ’n hondebedjie langs jou bed net die regte oplossing.
Sit vir Wagter warm komberse in sy bed, en plaas die bed bo-op ’n mat (in die geval van hout vloere of teëls). Dit sal die koue demp.
’n Warmwatersak, of boontjiesak wat verhit word kan ook ekstra hitte verskaf.
Groot honde is lief daarvoor om soms deur die nag te patrolleer. Trek vir hul ’n baadjie aan, verkrygbaar by jou naaste veearts of dierewinkel. Daar is die oulikste kleure en motiewe beskikbaar.
Hou die weervoorspelling dop, en laat eerder buite honde binne slaap wanneer die nagte ekstra koud is.
As jy koud kry, kry mens se beste vriend ook koud, veral as die Swartberge se pieke met sneeu afgestof is, en die ryp spierwit op die grasperke lê.
Hou so jou viervoetige vriende warm
