Jong man vas na bomdreigemente by Oudtshoorn Polisiekantoor

 

Administratiewe personeel van die polisiekantoor staan buite rond nadat ’n bomdreigement ontvang is.                           Foto: Liesel le Roux

Administratiewe personeel van die polisiekantoor staan buite rond nadat ’n bomdreigement ontvang is. Foto: Liesel le Roux

Die Oudtshoorn Polisie het verlede Donderdag (23 Maart) ‘n 19-jarige man in hegtenis geneem na aanleiding van twee onlangse vals bomdreigemente by die polisiekantoor in Baron van Reedestraat.

Die 19-jarige het die polisiekantoor sowat 10 dae gelede twee keer gebel met vals bomdreigemente, op Donderdag en Vrydag, 16 en 17 Maart. Die polisiekantoor is die Donderdagoggend en weer die Vrydagmiddag ontruim en met plofstop-honde deursoek.