DIE Breakloose Anti-Drug Gospel Organisasie het op Maandag, 17 Junie, hul jeugdagvieringe in Rosevalley gehou.
Verskeie plaaslike kunstenaars, soos Danny B en The Happy Way Makers het opgetree wat vir groot Vermaak onder die jeug gesorg het.
Die Oudtshoorn Polisie en die Oudtshoorn Verkeer het ook deur sang items met die jeug gepraat oor die uitdagings wat hulle daagliks moet deurmaak.
“Die rede vir hierdie program en betrokkenheid by ons jeug is sodat ons jongmense hulle lewe moet verander en wegbly van dwelms, alkohol en die misbruik van ander substanse”, het Timotheus Donson, voorsitter van die Breakloose Anti-Drug Gospel Organisasie gesê.
Hy het ook gesê dat hulle besef dat hulle meer hande nodig het om hierdie stryd te beveg, en nooi enige persone van die gemeenskap uit wat betrokke wil raak om hul sekretaris, Riaan Booysen te skakel by 060 3336 841.
