Internasionale Hekel-dag hier gevier

Twaalf hekel-entoesiaste van Oudtshoorn het op Saterdag 10 Junie bymekaargekom om Internasionale Hekel-dag te vier. Afgesien van hekel-penne wat geklap het om die mooiste, kleurvolste wol in allerlei komberse, mussies en serpe – om maar ’n paar te noem – in te tower, is daar ook gesellig saam koffie gedrink en gekuier. Dit gee ook kans om mekaar se pragtige handewerk te bewonder en selfs raad of patrone te deel. Foto verskaf