DIE saak teen ’n hoteleienaar wat van diefstal en die afvuur van ’n vuurwapen binne die munisipale gebied aangekla word, is gister (Dinsdag, 11 April) in die Oudtshoorn Landdroshof tot volgende maand uitgestel.
Pierre Fourie (69), die eienaar van die Baron’s Palace op Oudtshoorn, het na bewering ’n hotelgas se motorsleutels afgevat en ’n skoot afgevuur toe die gas sy huis saam met die polisie besoek het om die sleutels terug te kry.
Fourie het glo geweier om die sleutels af te gee en hulle gevra om sy perseel te verlaat. Terwyl hulle dit gedoen het, is ’n skoot glo afgevuur.
Fourie is die volgende dag in hegtenis geneem en op versoek van die staat deur landdros Lorraine Samuels op waarskuwing vrygelaat.
Samuels het die saak vir verdere ondersoek tot 11 Mei uitgestel. (Berig deur Garnett Wicomb)