Oudtshoorn, Kannaland lê in brandpunt

DIE Tuinroete-distrik is geïdentifiseer as een van die 14 brandpunte van die Covid-19-epidemie in Suid-Afrika.

Brandpunte is dié distrikte in die land waar daar meer as 5 gevalle vir elke 100 000 inwoners is, en wat tans noukeurig gemoniteer word vir moontlike terugplasing na vlak 4 of 5. Daar is 52 distrikte in die land.

Die minister van Gesondheid, dr Zweli Mkhize, het verlede week gesê die 14 distrikte sal elke twee weke gemoniteer word om te bepaal of daar ’n merkbare toename in Covid-19-gevalle is.

Die Tuinroete Distrik bestaan uit die Groter Oudtshoorn (wat ook De Rust en Dysselsdorp insluit) en Kannaland (Ladismith, Calitsdorp en Vanwyksdorp), asook die munisipaliteite van Bitou (Plettenbergbaai), George, Hessequa (Riversdale), Knysna, en Mosselbaai.

Provinsie Distrik Gevalle per 100k

Suid-Afrika se 14 brandpunte, waarvan die Tuinroete een is. Bron: businesstech.co.za

Die Sentraal Karoo Distrik, waarbinne dorpe soos Prins Albert, Laingsburg en Beaufort-Wes geleë is, is geklassifiseer as ’n ontwikkelende brand­punt – gebiede met minder as vyf gevalle per 100 000 mense maar waar daar ’n vinnige styging in gevalle is. Daar is tans nege ontwikkelende brandpunte in die land. (Deur Liesel le Roux)