Besoekers van regoor die Suid-Kaap en selfs verder, besoek De Krans sedert 5 Februarie om hulle eie hanepootdruiwe te pluk.
Hierdie is ’n jaarlikse instelling by De Krans. Vanjaar is die pluktyd vanaf 5 Februarie tot 9 Maart.
Die koste beloop R11 per kg. en pluktye is sewe dae per week vanaf 08:00 tot 16:00. De Krans se bistro onder die groot druiweprieel en hulle proelokaal is ook daagliks vanaf 09:00 oop. Die kombuis sluit om 15:30 en die proelokaal sluit om 16:30.
Die gewilde Hanepoot Trail Run vir drafgeesdriftiges vind op 22 Februarie plaas. Atlete kan aan wedlope van 5 km, 10 km en 21 km deelneem. Vir enige navrae skakel 044 213 3314.
Hanepoot-pluktyd by De Krans
’n Inwoner van Oudtshoorn en haar ma vlytig aan die pluk in De Krans se wingerde. Foto: Amorien van der Bijl