Foto van die Week: 14 Februarie 2025
Bob en Bea het verlede jaar die Klein Karoo aan die gons gehad met hul troue in November 2024, net voor die koms van hulle nuwe kroos. Hierdie is hul eerste gesinsfoto saam met hul dogter Bella, wat vir Bea ’n soen op die wang gee. Volgens haar mens-ma is Bella mal oor ’n kamera en sit graag vir kiekies. Foto: Ilse Jordan