Gospelkonsert gehou deur Oudtshoorn Christelike Jeugforum

Links: Darryl Rondganger in aksie tydens die Oudtshoorn Christelike Jeugforum Gospelkonsert. Regs: Vanessa Olifant het ’n puik dans vertoning gelewer tyden die konsert. Foto’s: Garnett Wicomb

DIE Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) het sy jaarlikse Gospelvertoning vanjaar in samewerking met die kerkkoor van die Bridgton United Congregational kerk gehou.

Volgens Phillip Seroux, projekbestuurder van die forum, word die konsert jaarliks gehou as blyk van waardering en dankbaarheid teenoor die gemeenskap deur middel van musiek en sang.

’n Hoogtepunt van die middag was die optrede van die orkes van die Oudtshoorn Korrektiewe Sentrum.

Seroux het namens die forum sy dank uitgespreek teenoor die orkes, kore, sanggroepe en sangers wat opgetree het nl. die mannekoor en kerkkoor van die Bridgton UCC, die Mercyfull Ministries se jeugkoor, MDC van Welbedacht, Kaywin Claassen en sy gospelgroep, Darryl Rondganger asook Vanessa Olifant vir haar puik dansvertoning. (Deur Garnett Wicomb)