
Snotkop, skepper van treffers soos “Agter op my fiets”, “Parapapa”, “Cool soos Koos Kombuis” en “Dikkelicious”, tree Saterdag 7 September by Celebratio op.
“Boerepompie” saam met Ricus Nel,is tans in die nommereen-posisie op die SA Top 20 op RSG .
Snotkop het reeds verskeie albums die lig laat sien en sy jongste een, Sous, het soos die voriges blitsvinnig goue status bereik. Hy’t ‘n rits toekennings agter sy naam en sy YouTube-video’s van sy liedjies is legendaries.
Hy is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke.
Konsertgangers kan uitsien na ‘n groot partytjie onder die sterre van die Klein Karoo. Kom dans en sing dat die biesies bewe!
Van Oudtshoorn se gewildste restaurante soos Nostalgie, Bella Cibo en Karooboom het kosstalletjies by die vertoning en heerlike plaaslike wyne en gins kan gekoop word. Die stalletjies open reeds van 18:00 af, so kom gerus vroeër.
Die vertoning begin om 20:00. Kaartjies kos R160 en is beskikbaar op die webwerf www.celebratio.co.za of by Postnet in Oudtshoorn. Vir meer inligting kontak Gerhard Meyer by 082 802 7138.