DIE DA kan moontlik beheer oor die Groter Oudtshoorn-raad verloor, met die ANC en die drie kleiner partye in die raad wat beheer kan oorneem.
Hierdie stelling is die afgelope weke deur verskillende mense teenoor Die Hoorn gemaak nadat Colan Sylvester as burgemeester bedank het.
Daar is glo nog vier DA-wyksraadslede wat oorweeg om te bedank.
Hierdie is egter stories wat van verlede jaar af loop, en moontlik net deel van die voortdurende politieke spel op die dorp.
Aansoeke vir die burgemeesterspos wat die DA geadverteer het, het reeds gesluit en ’n aanstelling in die vorige burgemeester se plek sal na verwagting eersdaags gemaak word.
Die DA het 14 raadslede (die burgemeesterspos ingesluit) in die Groter Oudtshoorn-raad. Die opposisie staan gesamentlik op 11 raadslede (ANC 7, Icosa 2, EFF 1 en Sarco 1).
Indien nog vier DA-wyksraadslede die party verlaat, sal die DA ’n minderheid van 10 lede hê wat die opposisiegroep die geleentheid sal gee om ’n nuwe burgemeester, onderburgemeester en speaker aan te wys.
Wyksraadslede wat nou bedank, sal nie vervang kan word nie omdat geen tussenverkiesings tydens die inperkingstyd plaasvind nie.
Die volgende landwye verkiesing vir nuwe dorps- en stadsrade is geskeduleer vir 2021.
• Wyksraadslede kan slegs deur ’n tussenverkiesing in die wyk vervang word, terwyl proporsionele raadslede, soos wat Oudtshoorn se voormalige burgemeester – Colan Sylves- ter – was, deur die party wat hulle as raadslede aangestel het, vervang moet word. (Deur Liesel le Roux)
Gaan ANC beheer op Oudthoorn oorneem?
