DIE EFF het nie met die DA-burgemeester op Oudtshoorn gesprek gevoer of onderhandel oor werksge- leenthede of ’n posisie op die burgermeesterskomitee soos die ANC verlede week in ’n persverklaring beweer het nie. So sê Diswayne Maarman, EFF-raadslid van Oudtshoorn.
Volgens Maarman het die EFF wel by die vorige raadsvergadering die DA-voorstel gesteun om die munisipale bestuurder, Allen Paulse, voorlopig te skors, hangende ’n ondersoek, maar het die party nie met burgemeester Colan Sylvester oor ’n ooreenkoms tussen die DA en EFF gepraat het nie.
Die ANC het in hul verklaring gesê die EFF het bevestig hulle het gesprek gevoer met Sylvester en dat hy aangedui het hy kan nie vir die EFF ’n posisie op die burgemeesterskomitee aanbied nie, maar wel werksgeleenthede.