Eerste Registrasie-naweek

Met die oog op die nasionale en provinsiale verkiesing wat volgende jaar plaasvind, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) reeds eerskomende naweek (18-19 November 2023) hul eerste registrasienaweek.

Nuwe kiesers en diegene wat verhuis het, kan hierdie naweek gaan registreer by verskeie lokale. Jy moet registreer by jou stemlokaal vir jou wyk.

Neem jou ID na jou stemlokaal (groen ID-boek, ID-kaart of tydelike ID dokument) om te registreer. Jy het nie ’n bewys van adres nodig nie.

Jy kan ook jou registrasie op die OVK se webtuiste nagaan of registreer by http://www.elections.org.za/MyIEC.

Stemlokale vir die Groter Oudtshoorn: (LW stemlokale in donkerdruk is nuwe lokale):

Wyk, Lokaal, Adres:
1 – SA Weermag, Parkweg, Oudtshoorn
2 – De Jager Sportkompleks, Voortrekkerweg, Oudtshoorn
2 – Lategansvlei Primêre Skool, Lategansvlei
2 – Volmoed Primêre Skool, Volmoed
3 – Oudtshoorn Vaardigheidskool, Langenhovenweg, Oudtshoorn
3 – NG Kerksaal Wekgeluk, Van der Westhuizenstraat 23, Oudtshoorn
3 – Hoërskool Oudtshoorn, Jan van Riebeeckstraat, Oudtshoorn
3 – Suid-Kaap Kollege, Adderleystraat 41, Oudtshoorn
4 – Queen of Peace Roomse Kerk, 1ste Laan, Bongolethu
5 – Sonskynhoekie Creche, 18de Laan, Bridgton
5 – Bridgton Senior Sekondêr, Berginstraat 2, Bridgton
6 – Smartie Town Creche, Olifant, Oudtshoorn
6 – Bridgton Gemeenskapsaal, Zebraweg, Bridgton
6 – Rosevalley Creche, Rosevalley, Oudtshoorn
7 – Laerskool Laurus, Hoopstraat, Oudtshoorn
7 – Nicolania Saal, Impalaweg, Bridgton
8 – Fezekele Sekondêr, 15de Laan, Bongolethu
8 – VGK Môreson, hv Petunia en Arnold de Jager, Bridgton
9 – Dysselsdorp Sekondêr, Deelmanstraat 1, Dysselsdorp
9 – Kolping House, Adonisweg, Dysselsdorp
9 – Volkskerk, Stolsvlakte, Oudtshoorn
9 – Rodewal UCC Primêr, Rodewal, Schoemanshoek
10 – PJ Badenhorst Primêr, Dysselsweg, Dysselsdorp
10 – Dysselsdorp Gemeenskapsaal Dysselsweg, Dysselsdorp
11 – Blomnek Gemeenskapsaal, Dwarsstraat, Blomnek, De Rust
11 – Vlakteplaas UCC Primêr, Vlakteplaas, Oudtshoorn
11 – Grootkruis, De Kruys, De Rust
11 – Grootkraal UCC Primêr, Grootkraal, Oudtshoorn
11 – Nelsrivier Primêr, Nelsrivier, De Rust
12 – Kammanassie Gemeenskapsentrum, Hotomskloof, Oudtshoorn
12 – Oudtshoorn Enrichment Centre, Mangoweg, Neppon
12 – Rooiheuwel Primêr, Rooiheuwel, Oudtshoorn
12 – Welbedacht Primêr, Welbedacht, Oudtshoorn
12 – Klipdrift Primêr, Klipdrift, Oudtshoorn
12 – Zeekoegat Primêr, Zeekoegat, Oudtshoorn
12 – Depo- Tegniese Dienste, Wagnerstraat, Oudtshoorn
13 – VGK Oudtshoorn, Bonteboklaan, Bridgton
13 – Bergsig Primêr, Kuduweg, Bridgton

(Deur Heinrich Bosman)