Deur Angelique Erasmus
DRIE vermeende inbrekers – onder wie ’n kind van 14 jaar – is verlede Donderdag op heterdaad in ’n plafon op Oudtshoorn betrap.
Die drie vermeende inbrekers het toegang probeer kry tot die Oudtshoorn Rolbalklub deur by die die dak te probeer inklim.
Die sekuriteitswag het agterdogtig geraak toe hy geluide bokant die plafon gehoor het.
Hy het die polisie ontbied.
Die inbrekers is hierna deur die polisie in die plafon van die rolbalklub betrap.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, word ’n saak van huisbraak teen die drie ondersoek.
Hulle het reeds in die Oudtshoorn Landroshof verskyn.