Bo en onder: Die botsingstoneel. Foto’s: Angelique Erasmus

Deur Angelique Erasmus
TWEE van die drie motors wat gisteroggend op die hoek van Baron van Reede- en Victoriastraat in ’n botsing betrokke was, gaan afgeskryf word.
Die botsing het omstreeks 07:00 plaasgevind toe ’n wit Opel Astra wat in Baron van Reedestraat in ’n noordelike rigting gery het, na bewering voor ’n geel Toyota Corolla ingedraai het wat van voor gekom het.
Die Opel Astra is in die botsing op die deur getref en die Toyota het op die sypaadjie op die hoek tot stilstand gekom. ’n wit Uno Fiat wat by die stopteken op die hoek gewag het om te ry, is ook in die proses getref.
Vier van die vyf insittendes van die drie voertuie is lig beseer en op die toneel deur mediese personeel behandel. Twee van hulle was kinders.
Twee van die eienaars van die drie voertuie het gister aan Die Hoorn gesê dat hul motors afgeskryf gaan word.