Die Oudtshoorn Besigheidskamer se netwerkaand van 22 April was ’n besonderse een. Jaco Vorster (naasregs), voorsitter van die Besigheidskamer, het lede asook verteenwoordigers van die informele sakesektor, Oudtled Taskforce, by die netwerkaand verwelkom en lede aangemoedig om vindingryk te dink in die huidige moeilike tye. “Die tyd om net aan jouself te dink is verby. Dit is nou krities dat mense begin saamwerk en bou aan ons dorp se ekonomie,” het hy gesê. Twee nuwe lede, Helene Badenhorst (heel links) van HB Prokureurs en Jaco van Zyl (heel regs) van MindCube, is ook verwelkom; terwyl Werner Wernich (naaslinks) en Clara en Laurie Boshoff van Supa Quick hul tiende bestaansjaar op Oudtshoorn gevier het. Die volgende netwerkaand vind op 27 Mei plaas. Foto: Stefan Skapie Goosen