Bekostigbare pryse met ’n fokus op die platteland

VESELINTERNET teen ’n bekostigbare prys en met ’n fokus wat die platteland.

Dit is volgens Etienne van der Westhuizen, Herotel se plaaslike verteenwoordiger, twee van die pilare van hul besigheid. Die Hoorn het Van der Westhuizen gevra om te help met van die vrae wat Oudtshoorniete oor veselinternet het. Hoewel veselinternet reeds jare beskikbaar is in Suid-Afrikaanse stede, is dit ’n nuwigheid op die platteland.

Wat is veselinternet?
Optiese vesel is die goedkoopste, vinnigste en betroubaarste verbindingsoplossing vir jou huis. Dit stuur ligstrale van en na jou huis met snelhede van tot 200 Mbps en meer.

Hoekom is die platteland vir Herotel belangrik?
Herotel is sterk gewortel in die platteland. Ons het ons reis in 2014 begin met die landwye konsolidasie van 30 eienaarbeheerde ondernemings, waarvan die meeste op die platteland was. Ons beskou onsself as deel van die platteland en verstaan ​​die uitdagings hier. Ons is regtig trots daarop om veselnetwerke van wêreldgehalte na dorpe te bring wat in die verlede meestal deur die groot telekommunikasiemaatskappye geïgnoreer is. Herotel het reeds soortgelyke netwerke in Riversdal, Caledon, Villiersdorp, Swellendam en Worcester voltooi.

Wanneer sal die projek voltooi wees?
Die laaste gedeelte van ons siviele werk (ondergrondse kabels wat die dorp aan die landwye net­werk sal koppel) word vandeesmaand voltooi, met net die verbinding van die ondergrondse kabels met die lugnetwerk by huise wat oorbly.

Wesbank sal die eerste aangesluit word, en die ander woonbuurte daarna een na die ander. As alles goed gaan, sal die hele projek in September voltooi wees.

Hoe hou julle pryse so laag?
Daar is twee redes: ons bou ons vesel in die lug om pryse laag te hou en ons verkoop direk aan verbruikers. Sonder ’n middelman kan ons ons pryse laag hou.

Ons aanbieding van ’n 50 Mbps Uncapped-lyn vir slegs R499 per maand – sonder beperkings op hoeveel data jy gebruik, is ’n enorme besparing van wat ADSL, Wireless en LTE bied. En dit is baie meer betroubaar, wat belangrik is in ’n tyd waarin mense meer tuis werk, studeer en vermaak soek.

Die R499 sluit installasie, ’n gratis router en ’n maand-tot-maand-kontrak in. Dit is bekostigbaar en maak dit moontlik vir mense om digitaal verbind te wees.

Ons klante koop voorts direk by ons en slaan die tussengangers oor, wat beteken dat ons maandelikse pryse die beste in Oudtshoorn is. Direkte toegang is meer sinvol vir verbruikers. Hoewel jy dan nie meer as ’n 100 opsies het om van te kies nie, kies jy dan die beste prys.

Waarom gebruik Herotel pale?
Ons bou die grootste deel van ons veselnetwerk aan die agterkant van eiendomme op pale. ’n Enkele paal kan gewoonlik vesel aan 3 tot 4 huishoudings voorsien. Hierdie manier van bou is vinniger, makliker om in stand te hou en stel ons dus in staat om die besparing aan die klant terug te gee: laer pryse vir almal.

Is ’n lugnetwerk dieselfde gehalte as ’n loopgraafnetwerk?

Ja, Herotel gebruik presies dieselfde veselkabels as ander ondernemings en van dieselfde gehalte. Ons het ook uit ervaring geleer dat loopgrawe in voorstede onvoorsiene skade aan opritte, mure, sypaadjies en tuine kan veroorsaak.

Hoekom die vore langs die strate dan?
Die eerste stap in die bou van ’n veselnetwerk is die oprigting van ’n voedingsnetwerk wat die dorp verbind met die nasionale veselnetwerk.

Gebruik veselkabels koper?
Nee, dit is ’n algemene wanpersepsie. Veselkabels bevat glas, wat nie dieselfde waarde as koper het nie.

Gebruik veselkabels 5G-tegnologie?
Nee, dit is nog ’n algemene wanpersepsie. Veselkabels stuur niks oor nie, hulle dra nie eens elektrisiteit nie.

Wat doen veselnetwerk aan eiendomswaardes?
Studies het getoon dat dit eiendomswaardes op die lang termyn verhoog.
• Herotel is ’n gelisensieerde verskaffer van kommunikasienetwerke wat tans veselkabel op Oudtshoorn aanlê.