Braai liefhebbers en kos entoesiaste kan hulself regmaak vir ’n heerlike naweek wanneer De Rust hierdie naweek gasheer speel vir die vierde braaibroodjie-kompetisie.
Deelnemers sal hul beste braaivure aansteek en meeding vir die titel van beste braaibroodjie koning of koningin, met spanne wat hul kreatiwiteit en braaivernuf gaan wys. Van die klassieke kombinasie van kaas, tamatie en uie tot meer waaghalsige en unieke vulselkombinasies – alles op een plek, op die rooster gepak.
Die kompetisie is nie net vir ernstige braaivernufte nie, maar ook vir families, vriende, besighede en besoekers wat ’n lekker dag van kuier, kos en gemeenskap wil geniet. Organiseerders hoop dat die geleentheid ’n feestelike atmosfeer sal skep waar mense kan saamkom rondom die vuur – iets wat diep in Suid-Afrikaanse braaikultuur gewortel is.
Braaibroodjies sal volgens verskeie kriteria beoordeel word, waaronder smaak, kreatiwiteit en aanbieding. Daar sal ook pryse wees vir die wenners.
Braaibroodjie liefbebbers word genooi om die naweek ’n draai in De Rust by die kompetisie te maak en van die heerlike braaibroodjies te proe.
De Rust maak reg vir braaibroodjie-kompetisie
