Meer as 70 boervroue van Oudtshoorn en die omliggende areas het Dinsdag elkeen ’n geskenkboks ontvang wat deel uitmaak van die Life Line Boksprojek. Die projek het landwyd posgevat na ’n praatjie van Isabel Coetzee van die SA Water Warriors op RSG. Vroue van die Groenkloof Aftreeoord in Reebok het te hore gekom van die projek en besluit om boksies te pak vir boervroue in hul streek. Die meerderheid bydraes wat Dinsdag oorhandig is kom vanuit Reebok, asook van vriendinne en Bybelstudiegroepe. Daar is ook pakkies na die SA Water Warriors gestuur vanaf Thabazimbi, Lichtenburg en uit Australië. Hier van links agter is Guida Snyders en Janet Coetzer van Groenkloof Aftreeoord saam met Elmarie Rabie van Oudtshoorn wat die projek hier gelei het. Voor is Pieter du Plessis van die SA Water Warriors. Foto: Angelique Erasmus