Beweerde aanranding tydelik af van die hofrol

’N SAAK van aanranding om ernstig te beseer teen twee inwoners van De Rust is op 20 Oktober tydelik van die hofrol in die Oudtshoorn Landdroshof verwyder, hangende die verdere ondersoek.

Die saak het gespruit uit ’n voorval op 17 Janu­arie vanjaar toe ’n sakeman van Oudtshoorn, Deon Bosman, na bewering in sy besigheid op Oudts­hoorn aangerand is en ses steke in sy kop moes kry.

Die saak teen Steve en Minnie Robson van De Rust is verskeie kere vanjaar uitgestel vir verdere ondersoek.