Deidri Opperman-moordsaak

Deidri Opperman.
Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen die man van De Rust wat daarvan aangekla word dat hy die 16-jarige Deidri Opperman vermoor en aan die brand gesteek het, is in die Oudtshoorn Streekhof tot Vrydag 2 November uitgestel vir ’n moontlike pleitooreenkoms.
Clifton Booysen (28) staan tereg op ’n klagte van moord.
Opperman is as vermis by die polisie aangemeld nadat sy nie op Saterdag 2 September 2017 van ’n bring-en-braai by vriende teruggekeer het huis toe nie. Haar verkoolde lyk is op Maandag 4 September 2017 deur lede van die gemeenskap tussen digte bosse langs die pad buite De Rust gevind.
Booysen is kort daarna in hegtenis geneem en het later besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie.
Die saak dien voor streeklanddros Neels Nortje.