Organiseerders van die Barrydale in Bloom oop tuin-safari het bevestig dat daar aansienlik meer beplan word vir vanjaar se verigtinge, wat tussen 15 en 18 Oktober plaasvind.
Die Bloomers gaan tydens hierdie samekoms van natuurliefhebbers hulde bring aan geliefdes wat oor die afgelope jaar gesterf het.
Bo en behalwe die talle inwoners wat aan Covid-19 gesterf het, het daar ook verskeie tragedies wat ān groot uitwerking op die gemeenskap gehad het, hier afgespeel.
18 maande gelede is die 14-jarige Liezl Booysen vermoor. Die gemeenskap het weer getreur toe die geliefde brandweerman Nelio van Rooi sy lewe tydens ān bergbrand verloor het en daarna het die wĆŖreld van die wrede moord op Erna Gericke verneem.
āOns skep ān spesiale blad op ons webtuiste vir al hierdie mense en ons beplan ook om hulle lewens in die gedenktuin by die kliniek te vereer,ā het die organiseerder, Shane Petzer, bevestig.
Onder die bekwame hand van Helena Joubert is daar reeds uitstekende werk by die Barrydale KliĀniek verrig toe ān opknappingsprojek in ān gedenktuin vir afgestorwe geliefdes getransformeer is. Erna Gericke was deel van hierdie span dames.
Shane sĆŖ die Facebookblad wat op barrydaleinbloom.online gestig word, sal ook ān spasie hĆŖ vir inwoners wat van hul troeteldiere afskeid moes neem.
Daar is reeds in die padkamp ān gedenktuin vir Nelio opgerig en daar word gehoop dat die res van hierdie woonbuurt se sypaadjies op ān soortgelyke wyse verfraai sal word.
Petzer sĆŖ hy kan met groot blydskap aankondig dat die Barrydale In Bloom-verrigtinge vanjaar met skemerkelkies by die Karoo Art Hotel, wat tans opgeknap word, afskop.
Die tradisionele plaasuitstappie saam met die alombekende boer Kobus Joubert vind weer op die Saterdagoggend (16 Oktober) op die plaas Lentelus plaas, waarna besoekers die dorp se tuine kan besoek.
ān Tweedagmark vind by die Karoo Daisy- restaurant plaas en opelugliefhebbers kan na ān 5 km-pretloop en ān 12 km-bergfietswedren uitsien.
āOns is ook baie gelukkig dat die bekroonde tuinkundige Hildegard Crous vanjaar haar Disa House-tuin op die Sondag vir die publiek oopstel.ā
Vir meer inligting oor inskrywings skakel Shane by 079 318 4289. (Deur Mickey Mentz van News62)
Barrydale se blomme lok vanjaar meer as bye…
Shane Petzer, e en belangĀrike toevoegings tot vanjaar se oop tuin-safari wat tussen 15 en 18 Oktober plaasvind. Foto: Herbert Dark