Nigel Cupido
Foto Facebook
Deur Angelique Erasmus
’N VOORMALIGE adjunk-balju van Oudtshoorn is Dinsdag in die Oudtshoorn Landroshof deur landdros Johan Steynberg skuldig bevind op 14 aanklagte van bedrog.
Nigel Cupido het op 28 klagtes van bedrog en meineed verskyn. Hy is onskuldig op die 14 aanklagte van meineed bevind.
Cupido is gevonnis tot ’n boete van R8 000 of ses maande tronkstraf.
Hy is ’n verdere ses maande tronkstraf opgelê wat vir vier jaar opgeskort is. Hy is deur adv Benito Me- tembo verdedig. Die staatsaanklaer was Jacolize Jordaan.
Volgens hofstukke bly Cupido nie meer in Oudtshoorn nie en het hy intussen Kaapstad toe verhuis.
• Louwayne Wagenaar, nog ’n adjunk-balju van Oudtshoorn wat van bedrog aangekla word, verskyn weer op 11 Oktober in die hof.
Wagenaar en Cupido het op 26 Julie 2017 die eerste keer in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, vervalsing en meineed.