Bakkie slaan om op pad van Ovaalbaan

Rico Bence.

Inlas: Rico Bence.

’n Ford Ranger-bakkie het gistermiddag omgeslaan op die stuk grondpad tussen die Arnold de Jager Ovaalrenbaan wes van Oudtshoorn en die R62. Rico Bence, wat die bakkie bestuur het, is ongedeerd, maar sy passasier, Hendrik Esquire, het ’n nekbesering opgedoen en is per ambulans na die Oudts­hoorn Hospitaal gebring. Rico se pa, Corné Bence, voorsitter van die Eden en die Wes-Kaapse Fietsryfederasies, het op die ongelukstoneel gesê Rico was van Eden Fietsry se klubhuis by die Oudtshoorn Quadklub op pad na die dorp toe ’n bok net ná ’n skerp draai voor sy bakkie ingespring het. “Rico het geskrik, uitgeswaai en beheer oor die bakkie verloor waarna dit omgeslaan het,” het Bence gesê. Rico was volgens sy pa vroeër die dag in die Vergelegen-omgewing by sy byekorwe waar hy gaan kyk het of alles nog in orde is by die klubhuis. Die ongeluk het gebeur nadat hy by die klubhuis was. Rico was in 2013 Mnr Gim. Esquire is Bence sr se tuinhulp. Foto’s: Schalk le Roux