Agt op Oudtshoorn sterf aan Covid-19

OUDTSHOORN se Covid-19-dodetal het amptelik tot op agt gestyg, sê Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid in die Tuinroete.

Ferreira sê die Tuinroete het tot op 15 Julie ’n totaal van 70 sterftes aangeteken. Per dorp, lyk hierdie syfers soos volg: George: 33; Knysna: 10; Mosselbaai: 9; Bitou: 8; Oudtshoorn: 8; en Hessequa:2.

• Woensdag (15 Julie 2020) het die Groter Oudtshoorn se totale aantal gevalle op 244 gestaan, met 68 mense wat herstel het. Kannaland se totale gevalle was 31 met 16 mense wat herstel het.