Teen gister was daar slegs 40 van 100 kaartjies beskikbaar vir die aandprogram ter viering van Afrikaans se eeu as amptelike taal by Arbeidsgenot. Kaartjies vir die aand kan nog teen R30 pp gekoop word by die kantore van die KKNK, Die Hoorn en Oudtshoorn Courant.
Die program is as volg:
10:00 – 13-00 Begeleide toere van 40 minute elk deur Arbeidsgenot (R20 donasie)
14:00 – 15:00 Vlaghysingseremonie en aanplant van katjiepieringstruike deur die hoofleiers van Langenhoven Gimnasium en Hoërskool Langenhoven van Riversdal. Die hoofleiers van ander skole in Oudtshoorn is genooi om die geleentheid by te woon en inwoners is ook welkom. Bywoning is gratis.
18:00 – 19:00 (Die Neelsie-teater agter Arbeid-sgenot) Die veteraan-akteurspaar, Johan en Lida Botha en skrywer en digter, André Boezak deel interessante gedigte en staaltjies uit Afrikaans. Na afloop van die program is daar koffie, tee, melktert en koesisters. Daar was slegs 100 kaartjies beskikbaar waarvan bykans 60 reeds verkoop is. Skakel Hannes by 083 467 1522 vir enige navrae). (HANNES VISSER)
Afrikaans100 by Arbeidsgenot
Arbeidsgenot, die woning van CJ Langenhoven op Oudtshoorn.
Foto: Hannes Visser