49-jarige man verkrag 11-jarige kind

DIE vonnisoplegging van ’n man van Schoemans-hoek buite Oudtshoorn wat op twee aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding van ’n 11-jarige meisie skuldig bevind is, is in die Oudtshoorn streekhof tot 11 Julie uitgestel.

Die 49-jarige Karel Minnies is daaraan skuldig bevind dat hy die dogter van sy saamleefmaat in 2021 en 2022 verkrag het en op 1 Februarie 2022 seksueel aangerand het. Hy het skuld ontken en aangevoer dat die kind ’n storie teen hom opmaak.

Streeklanddros Daniel Boks het Minnies se getuienis verwerp en die kind as ’n betroubare getuie bevind.

Sy het as ’n elfjarige ’n baie goeie indruk op die hof gemaak en selfs onder kruisverhoor haar nie weerspreek nie.

Die hof het bevind haar laat rapportering van die verkragting nie teen haar gehou kan word nie omdat sy bang was om dit vir haar moeder te vertel.

Minnies bly in aanhouding. (Deur Garentt Wicomb)