‘Monitering van die uitlaatgasse volgens wet verantwoordelikheid van munisipaliteite’
AL 21 dieselvoertuie waarvan die uitlaatgasse onlangs op Oudtshoorn getoets is, het aan die vereistes van wetgewing voldoen.
Die voertuie is deur die Oudtshoorn Munisipaliteit bygestaan deur die Eden Distrik Munisipaliteit getoets as deel van ’n lugbesoedelings- bewusmakingsprojek.
Die monitering van die uitlaatgasse van voertuie is volgens wetgewing die verantwoordelikheid van plaaslike munisipaliteite. Munisipaliteite het ’n keuse om ’n boete of ’n waarskuwing uit te reik indien ’n voertuig nie aan vereistes voldoen nie.
“Die hoofdoel van die projek is om die publiek bewus te maak van uitlaatgasse en die impak daarvan op lug-kwaliteit te verminder,” sê Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit.
“Die munisipaliteit beoog om hierdie projek twee keer ’n jaar te doen.”
Die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, sê dis is be-langrik om inwoners in te lig oor die impak van hul voertuie op die omgewing.
“Meer bewusmaking oor die gehalte van die lug in die Groter Oudtshoorn sal voortaan gedoen word.”