
Brian Weyers (middel), die munisipale amptenaar wat die langste in diens is van die Oudtshoorn Munisipaliteit, is vanoggend vereer vir 39 jaar diens. Die 58-jarige Weyers, ‘n toesighouers oor munisipale skoonmakers, het op 22 Junie 1978 as ‘n arbeider by die munisipaliteit begin werk. Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester (regs agter Weyers) het ‘n spesiale sertifikaat aan hom oorhandig en hom bedank vir sy toewyding en lojaliteit. By Weyers staan raadslede en munisipale personeel. Foto verskaf