Reis so veilig dié Paasnaweek

TREE verantwoordelik op dié Paasnaweek en bly so veilig.

Dit was die week die boodskap van die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, aan inwoners van die provinsie. Winde het gewaarsku dat reis en saamkuier tydens die Paasnaweek risiko’s is wat Covid-19 kan versprei.

“Daar is ’n afname in die verspreiding van Covid-19 in die provinsie, maar meer byeenkomste en beweging van mense kan die goeie werk wat hier gedoen is, omkeer. Dit is elkeen van ons se verantwoordelikheid om steeds ’n masker te dra, ons hande gereeld te was, skares en groot byeenkomste te vermy, asook noue kontak en beperkte ruimtes.”

Winde het ook ’n beroep op Wes-Kaapenaars gedoen om versigtig te ry omdat verkeersvolumes altyd oor die Paasnaweek toeneem wat lei tot meer botsings en verhoogde druk op hospitale en traumasentrums.

“Ons moet almal uiters versigtig wees deur veilig te ry, nie te vinnig te ry nie, ons veiligheidsgordels te dra en nie te drink en te bestuur nie.”

Veiligheidswenke vir die Paasnaweek
• Hou kuiers saam met familie en vriende klein, kort en verkieslik in die buitelug. Hou vensters en deure oop as julle binnenshuis bymekaarkom.

• Maak vensters in motors en in openbare vervoer oop terwyl jy reis.

• Bly tuis as jy nie lekker voel nie.

• Vermy plekke waar groot skares bymekaarkom of waar Covid-19-regulasies nie toegepas word nie.

Be the first to comment on "Reis so veilig dié Paasnaweek"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*