Niks gevind in sogenaamde tik-huis

• Oudtshoorn-Noord

Deur Ilze-Mari Gründling
’N  BEWEERDE “tik-huis” in Oudtshoorn-Noord is verlede Dinsdagoggend deur die Oudtshoorn Polisie deursoek, maar niks is gevind nie.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die polisie inlig­ting ontvang en die huis in Van der Rietstraat omstreeks 08:42 deursoek.

Na verneem word was daar ’n baie groot polisie­teenwoordigheid op die toneel.

• Verskeie inwoners van Oudtshoorn-Noord het verlede Maandagaand tydens ’n vergadering van die Noordelike Straatkomitee hul ontevredenheid uitgespreek oor die handel van dwelms in die gebied, veral in die parkie in St Saviourstraat.