Deur Ilze-Mari Gründling
DIE saak teen die 46-jarige vrou en 17-jarige seun van Oudtshoorn wat in November verlede jaar vir die besit en handel van dagga in hegtenis geneem is, is van die rol geskrap.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is daar tydens die deursoeking van die huis in Oudtshoorn-Noord beslag gelê op sowat 300 daggaplante, dagga en dagga-olie. Die 17-jarige seun is in die sorg van sy pa vrygelaat omdat hy minderjarig is.
Volgens Visser is die saak van die hofrol geskrap sodat die ondersoek voltooi kan word.
“Dit is om te verhoed dat die saak heeltyd uitgestel word,” sê Visser. “Sodra die ondersoek klaar is, sal die hofsaak voortduur.”