Oudtshoorn lewer vier nuwe dokters!

Dié vier Oudtshoorniete, Jolene Arries, Gabby Griffin, Charlotte Chanel en Donrich van Schalkwyk, het die graad MBChB (geneeskunde) by die Universiteit Stellenbosch se gradeplegtigheid ontvang. Vir Charlotte en Donrich is dit bowendien ’n ekstra groot week – hulle trou Saterdag in die NG Moederkerk op Oudtshoorn. Foto: Gerrit van Schalkwyk
■ Dink baie mooi hoe jy jou laat voorsê hoe om jou medemens te behandel. Is daardie persoon daar vir jou waneer jy hom nodig het?
■ Beste wenk van die somer om die muskiete te laat vlug: meng Listerine met water en spuit op jou beddegoed – geen muskietbyte meer nie. Nog ’n wenk: meng Listerine en babaolie vir perde om te keer dat hulle gebyt word.

Dié sloot by die Kerkstraat-swembad is in ses jaar nog nooit skoongemaak nie. Van inwoner oorkant perseel.