Sms’e van lesers

■ Dit is hartseer om te sien hoe die rolbalbane in Oudtshoorn (van die beste in Suid-Afrika) verdroog nie­teenstaande die feit dat die klub se bestuur en perkemeester álle opsies oorweeg het om die bane te red. Rolbalspeler

■ Hierdie bromdreigemente wat Oudtshoorn so tref… Ek glo nog van die begin af dat dit vals oproepe is, sodat die groot dwelmkoeriers deur die dorp kan kom. (Die goeie nuus is dat die polisie verlede week paraat was en al die ingange onder observasie gehad het. – Redakteur)

■ Nege van die top-tien munisipaliteite in Suid-Afrika is in die Wes-Kaap. Die Wes- Kaap het ook 91 000 titelaktes aan huiseienaars oorhandig. Die DA regeer die Wes-Kaap met kundigheid. Leser

■ Insake die sms oor die onooglike blombak in Baron van Reedestraat gaan twee tuinmanne, wat baie hard gewerk het om die blombak te verfraai met vetplante, baie in die gesig gevat wees. Hulle was baie trots op hulle aandeel om die dorp mooi te maak!