SMS’e van lesers

Net vanoggend was die top-besprekingspunt op RSG plaasdiere wat onwettig in dorpserwe aangehou word. Hier in Randstraat is ’n arme skaap wat al ’n maand lank enige tyd van die dag of nag blêr! Al die bure moet dit verdra! Bella
*****

Baie geluk met die goed ontwerpte toilet vir persone met gestremdhede by die nuwe Klein Karoo Ostrich
Emporium. Al wat miskien nog kort, is net die aanbring van ’n noodklokkie!
Nou nog net vir die parkeerplek vir persone met gestremdhede, dan voldoen julle aan al die toeganklikheidsvereistes.
*****

Is die Rabie-egpaar die enigste in die dorp wat verbind kan word met staatstenderbedrog?
*****
Nuuskierig om te sien wie die biblioteek in Rosevalley gaan bou. Seker een van vyf van dieselfde familie?
*****

If you suddenly encounter a man in your backyard with a two meter long spear, do not shoot him. It is just the electricity meter reader with his dog pacifier.
*****

Ek wil graag weet wat aangaan met De Rust se munisipaliteit? Die dorp se strate is nie skoon nie.
*****

Ek is verward oor die tye waarop inwoners van Oudtshoorn mag natlei, want die munisipaliteit spuit sonder ophou in die middel van die dag beddings nat sodat die water eintlik in die strate loop.