SMS’e van lesers

Nog ’n motofietsongeluk. Ek het vir 36 jaar soggens en namiddae met my motorfiets deur Durban se verkeer gevleg tot in die middestad waar ek gewerk het. Hier in Oudtshoorn sou ek dit nie oorleef het nie. Toe ek onlangs iemand aanspreek wat reg voor my in St Johnstraat inry nadat hy los oor ’n stopstraat gery het, sê hy vir my “maar motorkarre het voorkeur bo ’n motorfiets”. Ek kon net in ongeloof my kop skud. Stef.
*****
Nog ’n ongelukke in die kanaal. Hoe erg is die herhaalde ongelukke daar nie! Kan mense nie net ophou jaag om daai draai nie!
*****
As jy ’n leier in enige verband is, dan moet jy ook weet dat hoë bome vang die meeste wind en slapgatheid is ’n verleentheid vir jou. As jy nie eers weet wat binne jou organisasie of met jou perso­neel aangaan nie (waar hulle is en wat hulle doen), dan is jy regtig nie bevoeg vir jou posisie nie. Jy’s net ’n verleentheid vir jouself en ’n negatiewe invloed vir die organisasie. In baie gevalle het hul nog ’n arrogante houding ook.
*****
Sommige van die waterlesers van die munisipaliteit moet asseblief ophou om net in die straat te staan en ’n geskatte lesing in te skryf. As gevolg daarvan kry jy een maand ’n hoë rekening en volgende maand ’n normale rekening. Julle word betaal vir die werk, so sien dit as ’n verant­woor­- delikheid. Julle doen soms hierdeur die inwoners ’n groot onreg daan. Raporteer asseblief lekkende meters as julle op dit afkom, want in sommige gevalle is dit pensionarisse wat onder die dinge ly.
*****
Ek wil net graag ’n regstelling maak. Die woonstelblok waarna Tula Meyer verwys, is Elizabeth Hof, nr 13 – 16. In die vier woonstelle is nie 11 honde nie, maar wel agt, waarvan vyf gered is by die skut; waarvan sewe Jack Russels en Yorkies is en een Afrikanis. Ons almal se erwe is groot genoeg vir ons honde. Ja, dit sal beter gaan by die skut as mense begin verantwoordelikheid neem vir hul diere. En ja, ons weet presies wat by die skut aangaan, want ons is elke Sondag daar wanneer ons vir die honde gaan kos gee en om soms in die week om met hulle te speel. Ek het die afgelope jaar al 10 honde ge-“foster” wat nie by die skut kon bly nie, omdat hulle te swak of klein was en dood sou gaan as hulle daar gebly het. So, sê volgende keer eerder dankie dat daai honde goeie huise het – waar hulle ’n oorvloed liefde en aandag ontvang, mooi versorg word, nooit agtergelaat sal word as ons trek nie en nooit honger gaan slaap nie. Erika Meyer
*****
What’s the use of the municipality having after hours numbers if no-one answers the phone?
*****
Vir vyf maande is daar nuwe rade in Oudtshoorn en Kannaland, maar geeneen van die ou rade se raadslede het hul dag in die hof vir korrupsie gekry soos belowe nie.
*****
Ek lees van die splinternuwe munisipale bakkie wat 19:30 op die De Rust-pad gerol het en worstel met die volgende vrae: moet die vlootbestuurder dan nie seker maak dat alle voertuie elke dag wanneer die munisipaliteit sluit, geparkeer word en logboeke voltooi en ingehandig word nie. Moet die direkteure nie elke Vrydag ’n verslag kry van die voertuie in sy departement met besonderhede van hoeveel kilometer gery, waarvoor gebruik en petrol ingegooi. Sedert die nuwe voertuie hier is, is dit kommerwekkend om te sien hoe hulle na ure en naweke op die pad is. Ongelukkig is die muni­sipale bestuurder en sy direkteure klaarblyklik nie bewus van die onreëlmatighede nie.
*****
Laerskool Laurus, sterkte met jul modelvliegtuig-bouprojek. Ray Moody is ’n meester, hy mag maar. Tula Meyer
*****
Hoeveel geld kon ons jongelinge insamel met die Doggy Dance? Kan ons dalk ’n opvolgartikel verwag? Diereliefhebber (R1 500 is ingesamel en aan Oudtshoorn Dogs in Need geskenk – Redakteur)
*****
Net ’n vraag: hoekom werk De Rust se munisipaliteit se werkers net tot 15:00 en gaan dan huis toe? Piet