Blykbaar was al die vleis Sondag uitverkoop op Oudtshoorn vir Braaidag. Nou weet almal dat die Oudtshoorniete baie van braai en kuier hou.
*****
So hartseer oor al die ongelukke en mense wat dood is. Ry asb veilig, mense van die Klein Karoo.
*****
Ek lees in die munisipale nuusbrief van Junie dat die verkeer nou (toe) meer sigbaar sal wees – en nou is hul onsigbaar – het die petrol (of die ywer) opgeraak? Ek sien darem die blink nuwe munisipale voertuie is baie bedrywig – hoop maar dis amptelik gemagtigde ritte! Pieter
*****
Is dit nou winter of lente in die Klein Karoo? Daar was dan die week sneeu op die Swartberge.
*****
Dankie aan die munisipaliteit vir die bome in ons straat wat gesnoei word. Dit is ’n groot verbetering.

Tydens Andries, Madelene en Leon Louw se besoek aan die Bistro Restaurant in Hermanus het hulle per toeval ’n ontmoeting met aartsbiskop Desmond Tutu gehad. Madelene is Bennie en Marietta Ungerer van Oudtshoorn se dogter.