SMS’e van lesers

5 Langenhovenweg SMS

07:00 Sondagoggend in Langenhovenweg!
*****
Hoekom vat dit jou amper ’n leeftyd om te besef jy is besig om jou eie selfsugtigheid aan jou kinders oor te dra? Nee, sê ek vir myself. Jy moet jou naaste lief hê soos jouself.
*****
Baie bakkies met tuinafval en swartsakke stort dit agter die ou begraafplaas. Ek wonder of die munisipaliteit daarvan kenns dra. Ou Koos

5 wit kombi SMS

Aan die man wat hierdie voertuig op die foto bestuur: Jou uiters aggres­siewe optrede teenoor ons gesin Saterdagoggend in Pick n Pay se parkeerarea was onaanvaarbaar. So ook jou moedswillige “teen ons verbyjaag” en vieslike handgebare daarna in Voortrekkerweg. Kry asb professionele hulp vir jou woede voordat jy iemand seermaak of in die tronk beland. Hermien Brittnell
*****
Dis ’n jaar na die verkiesing en geen voormalige raadslid het in ’n hof verskyn vir hul vergrype nie. (Daar is steeds ondersoeke deur die Valke aan die gang. Munisipale amptenare is al skul­dig bevind aan oortredings terwyl oud-burgemeester Gordon April ook skuldig bevind is en tans wag op toestemming om te appeleer. Ons is nie seker na watter “vergrype” van watter persone u verwys nie. -Red

4 Cango Ostrich Farm (2)

Die foto wat geneem is by die Cango Ostrich Farm toon liters waters wat verlore gaan. Die dam­me is al vol, maar die water loop steeds. Vele oproepe aan die munisipaliteit is gedoen, maar geen terugvoering is ontvang nie. Dougie Bester, Cango Ostrich Farm (Foto is aan munisipaliteit gestuur vir reaksie. – Red)