SMS’e van lesers

Geskokte vroeë-oggend bestuurder: nie alle boere is so onmenslik/disrespekvol soos jy dink nie. Daar is vaste tye om te werk – die weer vra nie hoe kan dit jou pas nie. As jy moet eet, werk jy ten spy­te van ongure weer. En ja, ons staan saam in die lande en plant saam. Het mense te “sag” ge­word? In die ou dae is niemand opgepiep nie. Alida
*****

Daar word gekla oor vullis wat verstrooid lê, maar die munisipaliteit maak die vullisbakke selde leeg en dit is een van die redes hoekom die wind die vullis so rond waai. Hul kan gerus meer dikwels dit leeg maak. Die probleem strek van Oudtshoorn tot binne De Rust. As jou vullisdrommetjie by die huis vol is, dan maak jy dit leeg, hoekom dan ook nie die groot vullishouers op straathoeke nie?
*****

Ek kyk na huurplekke se pryse in Oudtshoorn. Dis seker markverwant, maar is die salarisse markverwant? Hoe moet mens oorleef op die salaris van R5 000 wat ’n winkel vir my met goeie ondervinding in die spesifieke bedryf, aangebied het? Nodeloos om te sê…ek het dit van die hand gewys. Dis belaglik! Wat kos ’n goedkoop, tweedehandse karretjie of fiets. Nou moet ek nog krag en water betaal en eet! Asb, sakemanne en -vroue! Ek moet dieselfde vir brood, suiker, pap en skoonmaakmiddels betaal as jy en die res van Suid-Afrika.
*****

Beste wyksraadslede: inwoners in van die wyke kla hulle sien julle nie en kry julle nie in die hande nie. Dit help nie om net hard te werk aan raadsake nie. Moenie die mense vergeet nie.
*****

Baie dankie mnr Lekay vir die flinke optede met die storting in Victoriastraat. Maar daar is iets wat ek u aan wil herinner en dit dat ons in Bloemstraat verseker weer vullissakke moet kry. By voorbaat dankie. James Stokes
*****

Ek verwys na Dries Jooste se bydrae oor hoe om rommel en vullisstrooiery te bekamp in Die Hoorn van 10 Augustus 2017. Ek stem saam dat inwoners hul vullissakke die oggend van verwydering moet uitsit. Hier in Hoogstraat voor St Tropez-woonstelle word daar gereeld vullissakke te laat uitgesit en dan lê die gemors tot die volgende week op die sypaadjie gesaai. Plaas items en kos wat sakkrappers kan gebruik in ’n aparte sak en sit dit bo-op jou vullissak. Dan is dit nie nodig vir hulle om die sakke uit te gooi nie. Dit is wat ons doen. Engee
*****

Mnr Dries Jooste, ja, dit is, maar die gemeenskap hoef nie die munisipaliteit se wetstoepassers te wees nie. Hulle moet net opgelei en gereguleer word. Die DA het klaar R1 miljoen op brandstof­ die jaar besnoei, maar as daar nog beter beheer uitgeoefen word op voertuie wat op en af ry, kan uitgawe nog verder ingekort word. James Stokes
*****

Somtyds wonder ek of daar vroue is wat voel hulle word op ’n manier deur ander vroue benadeel. In die werkplek of in die gemeenskap word alles volgens die boek gedoen – maak nie saak jou waar­dig­heid nie. Kom ons word ’n eenheid, never mind of dit jou man is wat reëls maak. Staan op vir ander vroue en maak ’n verskil. Lekker vrouemaand.
*****

Op 18 Julie is die rivier so mooi skoongemaak deur vrywilligers. Dit was Vrydag hartverskeurend om te sien hoe drie kinders swart sakke met vullis oopskeur en rondgooi tussen Kerk- en St Johnstraat. Die hele gebied. Waarom is hulle nie in die skool nie en waarom ontsier hulle die gebied? Phillip Goets het hulle probeer agternasit, maar is uitgekoggel en lelike dinge toegesnou. Dankie, Phillip, vir jou optrede. Die munisipaliteit sal dringend iets moet doen aan die sakkrappers. Marie.
*****

Kan die bestuur van Kunste Onbeperk nie reël dat iemand die kunstenaars voor elke optrede by Klein Karoo Klassique aan die gehoor voorstel en terselfdertyd besoekers aan ons dorp verwelkom nie. Ek het soms skaam en verleë by vertonings gevoel as die kunstenaars opstap, hul uitvoering gee en net weer afstap…sonder ’n welkom en dankie. Ek hoop die bestuur neem kennis en gee terugvoering. Espie Olivier