Geskokte vroeë-oggend bestuurder: nie alle boere is so onmenslik/disrespekvol soos jy dink nie. Daar is vasgestelde tye om te werk – die weer vra nie hoe kan dit jou pas nie. As jy moet eet, werk jy ten spyte van ongure weer. En ja, ons staan saam in die lande en plant saam. Het mense te “sag” geword? In die goeie ou dae is niemand opgepiep nie. Alida
*****
Ek reageer op mnr Colin se versoek om sypaadjies vir voetgangers. Daar is mos bestaande sypaadjies in Vyfdelaan wat voetgangers kan gebruik. Of wil u nie hê dat hulle so teenaan u erf op die bestaande voetpaadjies loop nie. Die plaveisel word dan voor die inwoners weggedra en dan word daar niks gedoen nie. Kyk hoe lyk dit daar in Bonteboklaan en voor die VGK. Dis ’n skreiende skande. Moenie nog praat van Dassieweg en omgewing nie… Ek dink die munisipaliteit bring hul kant en is dit tyd dat ons die mense opvoed as hul nou nog nie opgevoed is nie. Moenie eers praat van die rommelstrooiery in die buurt nie. Sodra die munisipaliteit skoongemaak het, word daar net weer gemors. Dankie, Oudtshoorn Munisipaliteit, vir jul onbaatsugtige diens. Ons sien dit raak.
*****
Die huiswinkels wat bedryf word deur buitelanders tussen die bruin woongebiede is meestal onwettig. Die munisipaliteit moet iets drasties doen om hulle so gou moontlik te verwyder. Is dit nie deur hulle wat die onwettige kragverbindings plaasvind nie? Kom bruinmense, staan saam en bedien julle eie mense met julle eie winkels. Van die buitelanders is ook onbeskof. Munisipaliteit, doen iets asseblief.
*****
Ek is een van die Oudtshoorn-mense met ’n seer hart oor die Neelsie Teater. Hoe jammer dat ons kultuurgoedere altyd opgeoffer moet word om rand en sent te laat klop. In ons harte sal die Neelsie Teater altyd ’n monument vir wonderskone klassieke musiek wees.