SMS’e van lesers

Suné, baie geluk met jou verkiesing as nuwe presi­dent van die Oudtshoorn Rotariers. Baie trots op jou as oud-leerling van Laerskool De Rust. Juffrou Marie
*****

Lank die persoon en haar helper dopgehou op die hoek waar Parkweg in Noordstraat loop. Hulle was besig om ’n swartsak daar te “dump”. Gelukkig het my gestaar hulle laat besluit om die sak weer op te laai. Ai tog...dis nie ’n stor­-tings­terrein nie! *****

Lank die persoon en haar helper dopgehou op die hoek waar Parkweg in Noordstraat loop. Hulle was besig om ’n swartsak daar te “dump”. Gelukkig het my gestaar hulle laat besluit om die sak weer op te laai. Ai tog…dis nie ’n stor­tings­terrein nie!
*****

Hoe lekker het die inwoners van Oudts­-hoorn weer die naweek by rooi verkeersligte (vir hulle) reg voor motors oor die pad geloop…
*****

Mnr die burgemeester, ek woon op Oudtshoorn en wil graag my vullis recycle en so ’n geringe bydrae lewer om die planeet waarop ek woon ’n effens langer leeftyd te gee. Help asb, mnr die burgemeester, dat inwoners van hier dit kan doen.
******

Hoekom is so baie mense ongeduldig en onvriendelik en agterdogtig. Kal­meer ’n bietjie!
*****

Die naweek se rugby op die Bridgton Sportstadion was ’n groot fees. Lekker dat so baie inwoners sulke lekker rugby kon bywoon. Wel bietjie teleurgesteld met die uitslae.
*****

Die munisipaliteit (amptenare, burgemees­ter en raad) asook die SWD-rugbyraad verdien om geluk gewens te word met die reëlings van die onverbeter­like rugbydag verlede Sondag. Dit was ’n wenner en is kennis geneem wat alles in hierdie pragtige dorp vermag kan word. Japie Coetzee
*****

Ja asseblief vir parkeermeters en meer par­kering in Oudtshoorn se midde­-dorp.
*****

Daar is baie daarbuite wat koud kry en honger is. Ons moenie mense wegwys wat ons kan help nie. Inwoner