Sonkrag in Karoo sinvol

Deur Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux

Die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit verdien ’n pluimpie vir die inisiatief van sy elektrisiteitsafdeling om betrokke te raak by die sonkragprojek wat reeds na 1660 wonings in die munisipaliteit uitgerol is.

In die Klein Karoo met sy baie sonskyndae dwarsdeur die jaar is dit ’n oplossing wat beter dienste bring na mense wat dikwels amper niks het nie. Om die loodsing van die projek verlede Vrydag by te woon en deur inwoners van Volmoed ontvang te word, was ’n voorreg.

Ons hou duimvas dat Kannaland aansteek en die projek ook na die huise in dié munisipaliteit se uitgebreide landelike gebied sal bring.