Sms’e van lesers

■ Wil volgende vra: Kan tuinnatmaaktye soggens en saans asb met ’n uur of twee vervroeg word? Die somerhitte is op ons! Sal die morsjorse asb ook op­hou mors, én kan Hugenootstraat ook ’n spoedwal kry vir jaagduiwels! Groe­te, Bella

■ Gedoriewaar! Daar byt die berugte hond van Hugenootstraat, Bella, my gis­­ter aan die been. Wil by die SAPD gaan hoor of ons moet wag tot ’n kind gebyt word voordat daar opgetree kan word. Jan