SMS’e van lesers

Die munisipaliteit wil nou die lughawe behoorlik omring met behuising. Hoe dom is dit? Johan
*****

Kan die verkeersafdeling nie begin om voertuie wat swak geparkeer staan ’n boete gee nie. Mense stop net soos hulle wil of kan nie meer parkeer nie. Christo
*****

Meneer en mevrou, u word betaal vir u vakansiedae waar u werk en somtyds dubbel as u werk. Hoekom kan u nie u werknemers ook so regverdig behandel nie?
*****

Graag wil die inwoners van Bellinganhof hul dank uitspreek teenoor die Vryburgers van die dorp, wat vir ons op Vrydag (7 April) ’n braaivleisete gegee het. Wees verseker, ons het dit baie geniet. Nogmaals baie dankie. Bellinganhof-inwoners
*****

Baie, baie dankie aan die man wat my gehelp het om my kinders uit die motor te kry toe ons Maandag­oggend in die rivier vasgesit het. Die water was yskoud maar u het glad nie gehuiwer om ons te help nie.
*****

Dit is regtig ’n skaamte vir inwoners hoe De Rust se sportvelde lyk. Nou staan die vraag: hoekom? Miskien moet ons munisipaliteit daarna kyk en bevoegde mense aanstel wat die nodige ondervinding en passie vir dié tipe werk het.
*****

Oudtshoorn-inwoners is self te blameer vir omgewingsbesoedeling. Vullissakke word enige dag ge-dump op sypaatjies terwyl hulle weet dit moet net uitgesit word op vullisverwyderingsdae. Intussen word die sakke ge-strip deur sakkrappers, honde en katte. Die vullisverwyderaars tel dit nie op nie. Ook bome word gesnoei, tuinvullis word word net ge-dump, terwyl takke en tuinvullis nie verwyder word deur die munisipaliteit nie. Die eienaar of huurder moet dit self doen. Dit lyk my niemand gee om nie – dit is hoekom Oudtshoorn altyd vuil sal bly terwyl almal wat in Oudtshoorn bly, moet saamstaan vir ’n skoon omgewing. Skande.
*****

Dis goed om te sien dat ontwikkeling plaasvind aan die infrastruktuur in Dysselsdorp, maar soos dit lyk kry Dysselsdorp al die voorkeur en De Rust moet maar altyd tevrede wees met die oorskiet. Kyk maar hoe baie aandag het De Rust nodig, maar dit kom voor of daar verby die behoeftes gekyk word en dit is tog so logies en voor die hand­liggend is om die agterstand raak te kan sien.
*****

Na die skuldigbevindings van Noel Petersen en Gordon April, bewe ’n par mense in Kannaland se broeke seker.
*****

Die munisipaliteit moet ’n meer omvattende ver­­slag aan die gemeenskap gee oor die ­situasie met die water. Hoe lank nog voor dit weer skoon gaan wees en gaan die gemeenskap kwytgeskeld word van rekeninge vir water? Elke huishouding betaal groot bedrae om elke dag water te koop.
*****

Ek wil net vir Haasbroek sê hy is selfsugtig en dink net aan homself; ons almal het ’n dak oor ons nodig. Ook ’n mens
*****

Inwoners van Oudtshoorn – skenk asseblief komberse aan die diereskuiling. Daar is ’n groot behoefte, want dit raak koud.
*****

Weet iemand dalk waarom Oudtshoorn se kruis op die koppie agter Klapperbos nie meer skyn nie?
*****

Seker groot afslag by Oudtshoorn Munisipaliteit vandeesmaand vir lewering van vuil modderwater.
*****

Dit is duidelik dat die munisipaliteit nie oor ’n kundige beskik wat weet wat gedoen kan word wanneer met ons water gebeur soos nou na die storm nie. Dit is nie die eerste keer nie en sal ook nie die laaste keer wees nie. Dit sal raadsaam wees om die situasie hoër op te bespreek en die kundiges te betrek om te bepaal wat in die water gegooi kan word.
*****

Kan ’n persoon ’n eis teen die munisipaliteit instel ten opsigte van die beskadiging aan jou motor se cv joints wat gereeld vervang moet word? Coetzeestraat het meer dongas as ryvlak.
*****

Aan die persoon wat die wit Isuzu-bakkie van waterwerke bestuur het op 18 April tussen De Rust en Oudtshoorn om en by 14:00: Jy ry erg onverskillig en weet beslis nie van ’n volgafstand handhaaf nie!
*****

Daag Barry uit om te bedank…sy sal nooit. Die DA sal haar ondersteun.
*****

Die ANC gaan deur ’n krisis as gevolg van korrupte amptenare en nou wil hulle hê Icosa en die ANC moet saamwerk in Kannaland. Hoe kan dit werk?