Sms’e van lesers

■ So lyk dit Donderdae in Kerkstraat, Oudtshoorn. Ons almal het ons sakke die oggend uitgesit soos gevra is, nie die vorige aand nie. In geen ander dorp word sakkrappery toegelaat nie.

■ Woensdag was ons, twee inwoners van Oudtshoorn Aftreeoord, na Mosselbaai. Ons het bietjie verdwaal na ’n pakkie by ’n betrokke persoon afgegee is en beland toe in ’n Kleurling-woonbuurt. Na ons heen en weer in dié woongebied gery het, het ons weer ons pad gekry na Hartenbos.Wat ons twee opgeval het van die woongebied is die netheid (geen rommel in strate, geen kinders wat ronddwaal in strate, goedversorgde tuine). Dink Oudtshoorn kan iets van netheid by Mosselbaai gaan leer. Toe ons laatmiddag terugkom in Oudtshoorn, het ons net die teen­oorgestelde gevind. Nellarie en Marie

■ Jy wat amper twee weke gelede ons twee katte vergiftig het in die omge­-wing van Draaistraat in Oudtshoorn: . Jy weet wie jy is. Jy is ook ’n woonstelbewoner net soos ek. Jou dag sal kom, Meneer. Jou dade sal eendag voor jou afspeel as die klok vir jou lui. Die katte was geensins ’n bedreiging vir jou nie.

■ Oudtshoorn Munisipaliteit, die reënval was goed by die Rust en Vrede Waterval, maar daar is van die rotse wat afgeval het; so besoekers moet maar net versigtig wees met hulle besoek. Daar is selfs dele van die pad wat onveilig is vir die kleiner voertuie, maar, ja, weer eens dit is baie pragtig. (Foto regs).