Sms’e van lesers

■ Die landbou trek baie swaar met die droogte – maar die boere van Kangovalleie help ander wat groter nood het. Fantasties en welgedaan! Julle maak my trots om ’n boer te wees.

■ Die enigste woning wat St Tropez oortref ten opsigte van geraasbesoede­ling is ’n huis in Draaistraat.

■ Sien kliënte rook lekker buite by ’n restaurant. Ontevrede kliënt

■ Dankbaar om terug te wees op Oudts­hoorn en in die Wes-Kaap na ’n reis na die noorde van die land. Ons mense hier het nie veel om oor te kla as jy kyk hoe dit elders lyk nie. Ten minste kan ons hier skoon lug inasem.

■ Daar is ’n ernstige werkloosheidskrisis in Oudtshoorn, en in die res van die Klein Karoo. Dit word al hoe erger, met mense wat hul werk as gevolg van die swak ekonomie verloor en ook as gevolg van die uitwerking van minimum lone. Ons moet goed wees vir mekaar in hierdie dae.