■ Baie geluk aan die span met die massa-sterilisasie by Uniondale! Dit is ’n grootse daad! Edel
■ Die meerderheid in Suid-Afrika het vir die ANC gestem; so gelukkig gaan ons geen swak-dienslewering-protesoptogte die volgende vyf jaar hê nie.
■ Is daar katliefhebbers wat die wildekatte kan help voer by die Emporium, asb. Daar is net een dame wat elke dag meer as tien katte voer, naweke ook! Dit sal van groot hulp wees! Dankie.
■ Wanneer gaan die politieke partye nou hul verkiesingsplakkate en cable ties van die pale verwyder?
■ Uiteindelik! ’n Voorskriflose pil vir die verligting van chroniese gout in die vingerpunte van duime en wysvingers. Die gout word gewoonlik veroorsaak deur konstante doellose rondblaai op Facebook en WhatsApp.
■ Ek wil baie dankie sê aan die inwoners van Norah Pottstraat en omtrek vir hulp met die brand die afgelope Saterdag. Toe die Oudtshoorn Brandweer opdaag, was die struktuur al tot op die grond afgebrand. Hul verskoning was dat die stop and go hulle opgehou het. Ek is ’n afgetrede weermag-brandweerlid en weet dat noodvoertuie altyd deurgelaat word. As die sirene aan is, word daar altyd en onmiddellik voorrang gegee aan sulke voertuie. A Stoffels